Verhaal Van Lewe En Die Omgewing

* Read Our FAQ Here

UPC:
9781770075863
87% OFF
Now: R77.00
Was: R571.00

Secure payment options

Buy Now, Pay Later

Description


Die verhaal van lewe & die omgewing - 'n Afrika-perspektief handel oor die brose wonder van lewe. Dit is 'n viering van die aarde se ryke, wonderlike verskeidenheid - die spesies, bevolkings, gemeenskappe en ekostelsels wat ons omring - en van die natuur se veerkragtigheid. Dit vertel van die drie hoofekostelsels_ varswater, oseane en land, en al die lewe wat hulle in en om Afrika onderhou. Dit bespreek evolusie en die eindeloos vertakkende boom van lewe; hoe stelsels werk, hoe bevolkings toeneem en afneem, en hoe al die elemente van lewe op mekaar inwerk. En dit vertel die verhaal van die oorsprong van die mens in Afrika, en hoe ons tot moderne mense ontwikkel het. Die boek waarsku teen ons menslike invloed op die planeet en die vinnige klimaatsverandering wat dit aanhelp, asook teen massiewe oorbenutting en die uitputting van hulpbronne. Die boek gaan ook oor verantwoordelike beplanning en bestuur van ons omgewing en natuurlike hulpbronne om skade te herstel en volhoubaarheid te verseker. Dit is die verhaal van lewe en die omgewing in Afrika.

Dimensions : 2.4 X 17.2 X 24 cm
Format : Paperback
Age Group : ADULT
Page Numbers : 456

Our Delivery Process

View AllClose
Product Category: Books New Arrivals Best Sellers